Amritsar (Pandjabi: ਅੰਮ੍ਰਿਤਸਰ [əmːɾɪt̪səɾ]; Amrita Saras: "Nektarsee") is 'n stad in die noordweste van Indië. Die stad is in die gelyknamige distrik Amritsar in die deelstaat Panjab (nie vêr van die grens met Pakistan) geleë. Dit is in die 16de eeu deur Goeroe Ram Das gestig. Volgens die volkstelling van 2001 het die stad 975 695 inwoners.

duimnael|links|Die Goue Tempel. Amritsar is 'n heilige plek vir aanhangers van die Sikh-geloof, wat die beroemde Goue Tempel (Harimandir Sahib) besoek.

In 1919 het Britse soldate 'n vreedsame politieke vergadering beëindig deur op die skare los te brand. Altesame 379 mense is dood, 'n tragedie wat as die "Amritsar-slagting" bekend staan.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

In 1984 het die Indiese regering 'n militêre operasie uitgevoer om Sikh-militante uit die Goue Tempel te verwyder. Tenks en ander militêre voertuie is ingespan en die tempel is in die proses erg beskadig.

Verwysings

Eksterne skakels

Amritsar se amptelike webwerf Amritsar by die Encyclopædia Britannica

Kategorie:Nedersettings in Indië Kategorie:Sikhisme