Labeo (Moddervisse) is 'n genus van visse wat aan die familie Cyprinidae behoort. Hierdie genus is groot met 80 spesies wat in Afrika voorkom. Die genus kom ook in Asië voor. Die visse is spesialis vreters van alge en detritus. Die meeste spesies van die genus word langer as 150 mm, weeg 1.8 tot 2.2 kg (5 pond)Hier gaan ons alweer, Petri de Wet, op kykNET, 21 Desember 2013 en is sterk swemmers. Hulle migreer ook stroom-op om te broei.
Spesies Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Labeo altivelis - Manyame-moddervis Labeo ansorgii - Kunene-moddervis Labeo capensis - Oranjerivier-moddervis Labeo congoro - Rooiskub-moddervis Labeo cylindricus - Rooioog-moddervis Labeo lunatis - Bo-Zambezi-moddervis Labeo molybdinus - Loodvis Labeo rosae - Rooineus-moddervis Labeo rubromaculatus - Tugela-moddervis Labeo ruddi - Silwer-moddervis Labeo seeberi - Clanwilliam-sandvis Labeo umbratus - Moggel
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronnelys A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse