Die Oranjerivier-moddervis (Labeo capensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Orange river mudfish.

Voorkoms Die vis is groot en lank met die kop ietwat plat. Daar is twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is dunner terwyl die volwasse visse 'n dieper lyf het met die skof agter die kop wat goed uitstaan. Die onvolwasse visse is grys en wit aan die onderkant; die volwasse visse is donkergrys en word diep donker blou-swart gedurende broeityd. Die vis word tot 500 mm lank en weeg gemiddeld 1,8 tot 2,2 kg (5 pond).Hier gaan ons alweer, Petri de Wet, kykNET, 21 Desember 2013 Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3,83 kg.

Habitat Die vis leef in vloeiende water van groot riviere en kan ook oorleef in beskermende water. Hulle vreet kos vanaf die oppervlakte van plante en rotse. Beide geslagte migreer in die somer stroomop om te broei.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel Labeo capensis by FishBase

Kategorie:Beenvisse