Die Skeermes-beitelbek (Varicorhinus xyrocheilus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Ruorivier bokant die Zoawaterval in Malawi. In Engels staan die vis bekend as die Razorlip chiselmouth.

Voorkoms Die vis het twee pare kort baarde om die mond. Die mond is klein en het 'n skerp horingagtige onderlip. Die vis is goud-olyf van kleur aan die bokant en goud-geel aan die sye en onderkant. Al die vinne is olyfkleurig. Beide geslagte lyk dieselfde. Die vis word tot 178 mm lank.

Habitat Die vis leef in vinnig vloeiende gedeelte van die rivier en diep poele in die hoofstroom. Hulle vreet alge wat hulle van die rotse afskuur en leef saam met die Swartrug-beitelbek.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Varicorhinus-xyrocheilus.html

Kategorie:Beenvisse