Die Pungwe-beitelbek (Varicorhinus pungweensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Pungwe- en Buziriviere in Zimbabwe en Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Pungwe chiselmouth.
Voorkoms Die bek van die vis is wyd en klein en het 'n horingagtige onderlip waarmee dit alge van die rotse afskuur. Daar is slegs een paar baarde om die bek. Die vis is olyfkleurig aan die bokant en goudgeel tot roomkleurig aan die onderkant. Die onvolwasse visse is grys aan die bokant en silwerig aan die sye met 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 180 mm lank.
Habitat Die vis leef in koel stroomversnellings in helder bergstrome. Hulle vreet alge en insekte en broei in die somer. Die onvolwasse vis leef in poele onder stroomversnellings.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Varicorhinus-pungweensis.html
Kategorie:Beenvisse