Die Inkomati-beitelbek (Varicorhinus nelspruitensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Inkomati- en die Pongolariviere. In Engels staan die vis bekend as die Incomati chiselmouth.

Voorkoms Die vis se kop is breed, met 'n wye kleinerige mond. Die onderkaak het 'n horingagtige voorkoms met een paar kort baarde op. Die vis is olyfkleurig aan die bokant en 'n ligte olyf-geel tot roomwit aan die onderkant. Die vis word tot 320 mm lank.

Habitat Die vis leef in koel, rotsagtige areas in vloeiende waters in skole van 50 - 100 visse. Hulle vreet ongewerweldes en broei in die somer.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Varicorhinus-nelspruitensis.html

Kategorie:Beenvisse