Varicorhinus (Beitelbekke) is 'n genus van visse wat aan die familie Cyprinidae behoort. Die Beitelbekke lyk amper soos die geelvis maar het 'n kleiner bek met 'n onderlip wat meer uitstaan en gebruik word om alge van rotse en plante te skraap. Daar is vier spesies wat in Suider-Afrika voorkom.

Spesies Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Varicorhinus dimidiatus - Swartrug-beitelbek Varicorhinus nelspruitensis - Inkomati-beitelbek Varicorhinus pungweensis - Pungwe-beitelbek Varicorhinus xyrocheilus - Skeermes-beitelbek

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse