Die Stompkop-ghieliemientjie (Barbus breviceps) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunene- en Okavangorivier-stelsels. In Engels staan dit bekend as die Shorthead barb.

Voorkoms Die vis word tot 77 mm lank en daar is twee pare baarde by die mond. Die vis is bruinerig aan die bokant en silwer-wit aan die onderkant met 'n donker streep op die sye. Daar is ook 'n klein kol op die basis van die stertvin.

Algemeen Min is bekend omtrent die vis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-breviceps.html

Kategorie:Beenvisse