Die Marico-ghieliemientjie (Barbus motebensis) is 'n varswatervis wat voorkom in Noordwes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga. In Engels staan dit bekend as die Marico barb.

Voorkoms Kleurgewys lyk die vis baie soos die Dikkop-ghieliemientjie. Die enigste verskil is dat broeiende mannetjies tuberkels op die snoet ontwikkel. Daar is twee pare baarde by die mond en die vis word tot 80 mm lank.

Verspreiding Die vis kom voor in die kleiner systakke van die Marico-, Krokodil- en Steelpoortrivier. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Algemeen Die vis is geskik vir kouewater-akwariums en visdammetjies.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-motebensis.html

Kategorie:Beenvisse