Stoute Boudjies is 'n Afrikaanse rolprent wat op 10 Desember 2010 uitgereik is. Willie Esterhuizen was die regisseur, rolboekskrywer en het as 'n akteur in die rolprent opgetree. Die hoofkarakters is Angelique Pretorius, Albert de Villiers en Gerhard Odendaal.
Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit het 'n ouderdomsperk van 16 jaar vir swak taal, naaktheid en sekstonele.
Hoofrolspelers Angelique Pretorius as Petro Albert de Villiers as Hardus Vogel Gerhard Odendaal as Vaatjie Visagie Andrew Thompson as Theunis van Rooyen Carien Botha as Blapsie Willie Esterhuizen as Wors Lizz Meiring as Mollie Richard van der Westhuizen Dorette Nel Dirk Stoltz Perlè Sippel En andere.
Storielyn Vet Vaatjie Visagie en sy gesin, Mollie, Wors en Blapsie, keer terug. Vaatjie en sy nuwe beste pel, Hardus Vogel is heeltyd in die moeilikheid, veral oor hul onbeteuelde luste. Ene Petro jaag Hardus se hormone op en met haar aan sy sy en allerhande booswigte op hul spoor, begin die poppe dans.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente