Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tadjiks (volk).
Tadjiks (забо́ни тоҷикӣ́, zaboni tojikī, [zaˈbɔni tɔd͡ʒiˈki]), ook Tadjikse Persies (форси́и тоҷикӣ́, forsii tojikī, [fɔrˈsiji tɔd͡ʒiˈki]) genoem, is 'n Irannese taal wat deur sowat 7,9 miljoen mense in Tadjikistan, Afghanistan, Kirgisië, Oesbekistan en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit is die derde mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies en Kasaks. Tadjiks is die amptelike taal van die Republiek Tadjikistan.
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|Die woord "tojikī" in die Cyrilliese (Tоҷикӣ) en Arabiese alfabet (تاجیکی) Tadjiks is 'n moderne variëteit van Persies wat deur invloed van Russies en die Turkse tale van Sentraal-Asië tydens die Sowjetunie ontstaan het. Tadjiks word amptelik met 'n gemodifiseerde Cyrilliese alfabet geskryf, maar in die Internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Irannese tale Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van Kirgisië Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van China Kategorie:Tale van Tadjikistan