Hierdie artikel handel oor die taal in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep, sien Khmer (volk).

Khmer (ភាសាខ្មែរ, [pʰiːəsaː kʰmaːe] of meer formeel ខេមរភាសា [kʰeɛmaʔraʔ pʰiːəsaː]), soms ook Kambodjaans genoem, is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 14 miljoen mense in Kambodja, Viëtnam, Thailand en Laos gepraat word. Khmer is die amptelike taal van Kambodja en is verwant aan Viëtnamees. Dit is ná Viëtnamees die tweede mees gesproke Austro-Asiatiese taal en die vierde belangrikste inheemse taal van Indo-China ná Viëtnamees, Thai en Birmaans. Khmer word in die Khmer-skrif geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.

duimnael|links|Die woord "Khmer-skrif" in Khmer-skrif Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.

Sien ook Khmer Rouge Khmer-ryk

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Austro-Asiatiese tale Kategorie:Tale van Kambodja Kategorie:Tale van Laos Kategorie:Tale van Thailand Kategorie:Tale van Viëtnam