Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Oesbeke.
Oesbekies (Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 27 miljoen mense in Oesbekistan, Kirgisië, Afghanistan, Kasakstan, Turkmenistan, Tadjikistan, Rusland en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit is die mees verspreide taal van Sentraal-Asië asook die derde mees gesproke Turkiese taal naas Turks en Azerbeidjans. Oesbekies is die amptelike taal van die Republiek Oesbekistan en verwant aan Oeigoers. Daarbenewens word in die outonome republiek Karakalpakië die Turkse taal Karakalpaks deur die Karakalpakke gebesig.
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië Tot 1993 is die Cyrilliese alfabet gebruik en sedert 1993 word Oesbekies met 'n nuwe Turks-Latynse alfabet geskryf, wat vir al die Turkiese tale in Sentraal-Asië beplan is. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.
Alfabette Cyrilliese alfabet А а Б б В в Г г Д д Е е Ё ё Ж ж З з И и Й й К к Л л М м Н н О о П п Р р С с Т т У у Ф ф Х х Ц ц Ч ч Ш ш Ъ ъ Ь ь Э э Ю ю Я я Ў ў Қ қ Ғ ғ Ҳ ҳ
Latynse alfabet А а B b V v G g D d Е е Yo yo J j Z z I i Y y K k L l М m N n О о P p R r S s Т t U u F f X x Ts ts Ch ch Sh sh ʼ - E e Yu yu Ya ya Oʻ oʻ Q q Gʻ gʻ H h
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van Kasakstan Kategorie:Tale van Kirgisië Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Tale van China Kategorie:Tale van Tadjikistan Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Turkiese tale