Hierdie artikel handel toor die taal. Vir die etniese groep, sien Turkmene.
Turkmeens (Түркменче, تورکمنچه, Türkmençe, [tʏɾkmɛntʃɛ] of түркмен дили, تورکمن تیلی, türkmen dili, [tʏɾkmɛn dɪlɪ]) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 7,6 miljoen mense in Turkmenistan, Iran, Afghanistan, Oesbekistan en Rusland gepraat word. Dit is die vierde mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies, Kasaks en Tadjiks asook die sesde mees gesproke Turkiese taal naas Turks, Azerbeidjans, Oesbekies, Kasaks en Oeigoers. Turkmeens is die amptelike taal van die Republiek Turkmenistan en verwant aan Turks en Azerbeidjans.
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië Tot 1993 is die Cyrilliese alfabet gebruik en sedert 1993 word Turkmeens met 'n nuwe Turks-Latynse alfabet geskryf, wat vir al die Turkiese tale in Sentraal-Asië beplan is. In Afghanistan en Iran word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Turkiese tale