Christoffel H. Wiese (gebore 10 September 1941 op Upington) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman wat sy geld uit kleinhandel gemaak het. Hy is die voorsitter van Pepkor en het 'n beherende aandeel in Shoprite, Afrika se grootste kleinhandelaar. Hy dien in die direksie van talle maatskappye.Who's Who SA , besoek op 11 Augustus 2012

Hy het in 1981 Pep Stores gekoop by Renier van Rooyen.https://www.netwerk24.com/Sake/Maatskappye/stigter-van-pep-stores-sterf-20181109

Wiese het aan die Universiteit Stellenbosch studeer en 'n B.A.- en 'n LL.B.-graad verwerf en 'n eredoktorsgraad in die handelswetenskappe ontvang.

Hy is getroud met Caro, dogter van die politikus wyle Japie Basson, en het drie kinders.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Wilgenhof