Sjeikh Hasina Wajed (Bengaals: শেখ হাসিনা, gebore op 28 September 1947) is 'n Bangladesjiese politikus. Sy was van 23 Junie 1996 tot 15 Julie 2001 en weer van 6 Januarie 2009 tot 5 Augustus 2024 die eerste minister van Bangladesj. In November 2025 is sy deur die Internasionale Misdaadtribunaal (Bangladesj) ter dood veroordeel.
Lewe Sjeikh Hasina is 'n dogter van Sheikh Mujibur Rahman, die stigter van Bangladesj. Tydens die militêre staatsgreep op haar vader op 15 Augustus 1975 ontsnap sy en haar suster Sjeikh Rehana die dood, in teenstelling met haar ander familielede, omdat hulle op daardie oomblik in Duitsland was.
Sjeikh Hasina neem in 1981 die leierskap oor van die Bangladesj Awami Liga, wat toe in die opposisie was.
Nadat sy altesaam meer as 20 jaar gedien het, is sy die langsdienende eerste minister in die geskiedenis van Bangladesj. Haar premierskap het in selfopgelegde ballingskap geëindig op 5 Augustus 2024 ná 'n reeks gewelddadige betogings in 2024.
Op 17 November 2025 is Hasina skuldig bevind aan misdade teen die mensdom en tot die doodstraf gevonnis. Dit is egter onseker of sy wel tereggestel sal word, aangesien sy nou in Indië woon.
Bronne
Verwysings
Kategorie:Bangladesjiese politici Kategorie:Opposisieleiers Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense