Die duinegifboom (Acokanthera oblongifolia) is 'n klein boompie wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika. Dit kom ook in Eswatini en die suide van Mosambiek voor. Die boom het donker, leeragtige, blinkgroen blare met 'n prominente middelnerf en het dra ook soetgegeurde wit blomme in trosse op die blaarbasis. Die vrugte is vlesig, bessieagtig en rooi tot swart van kleur. Die plant bevat melksap wat uiters giftig is en vee vrek daarvan. Dié sap was gebruik vir gifpyle. Voëls en vlermuise eet wel die vrugte.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Acokanthera Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Eswatini