Die Internasionale Václav Havel-lughawe Praag (Tsjeggies: Letiště Václava Havla Praha) (ICAO: LKPR, IATA: PRG) is die grootste lughawe in die Tsjeggiese Republiek en die tweede grootste in Sentraal-Europa. Dit dien as 'n openbare burgerlike lughawe. Die lughawe is in die wyk van Ruzyně in die hoofstad en grootste stad van die Tsjeggiese Republiek, Praag geleë. In 2010 het die lughawe 11 556 858 passasiers hanteer en 156 052 vliegtuie geland. Die lughawe het twee aanloop- en landingsbane, wat ongeveer 3 000 meter lank is. Die lughawe is op 5 April 1937 geopen en kan groot vliegtuie soos die Airbus A380 en Boeing 747-8 hanteer.

Verwysings

Eksterne skakels

Praag-Ruzyně se webtuiste

Kategorie:Geboue en strukture in Praag Praag-Ruzyně