John Michael "Ozzy" Osbourne (3 Desember 1948 – 22 Julie 2025) was 'n Engelse heavy metal-sanger en liedjieskrywer, wie se musikale loopbaan oor 40 jaar gestrek het. Osbourne het na vore gekom as die hoofsanger van die Engelse groep Black Sabbath, wie se donker en harde klank bygedra het tot die heavy metal-genre. Danksy Black Sabbath se donker styl het Osbourne bekend geword as die Prins van Duisternis. Osbourne was ook bekend as die Godfather van heavy metal.

In die vroeë 2000's het Osbourne sy loopbaan uitgebrei toe hy 'n ster in sy eie werklikheidsvertoning, The Osbournes geword het, saam met sy vrou Sharon en twee van hul drie kinders, Kelly en Jack. 'n Dokumentêre program oor sy lewe en loopbaan, God Bless Ozzy Osbourne, is in April 2011 by die Tribeca-filmfees vertoon en is in November 2011 op DVD vrygestel. Two Nights of Ozzy Doc at a Multiplex Near You MusicFilmWeb.com besoek op 8 August 2011 Osbourne het multi-platinum status bereik as 'n solo-kunstenaar en met Black Sabbath, en het meer as 100 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Ozzy Osbourne To Receive Billboard's Legend Of Live Award Billboard besoek op 8 Desember 2010

Ateljeealbums Blizzard of Ozz (1980) Diary of a Madman (1981) Bark at the Moon (1983) The Ultimate Sin (1986) No Rest for the Wicked (1988) No More Tears (1991) Ozzmosis (1995) Down to Earth (2001) Under Cover (2005) Black Rain (2007) Scream (2010) Ordinary Man (2020) Patient Number 9 (2022)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Engelse sangers Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2025