Suzaan van Biljon (gebore 26 April 1988 in Bloemfontein) is 'n Suid-Afrikaanse swemmer. Sy verteenwoordig haar vaderland by die Olimpiese Somerspele van 2008 en 2012. Vanaf Junie 2009 hou sy beide die Afrika- en Suid-Afrikaanse rekords. Sy is verbonde aan TuksSport by die Universiteit van Pretoria.

Tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 breek Van Biljon Penny Heyns se Suid-Afrikaanse rekord (2:23,64) van 13 jaar in die halfeindstryd van die 200-borsslag. Sy eindig derde in 'n tyd van 2:23,21 om vir die finaal te kwalifiseer en het haar beste tyd met twee sekondes verbeter.Penny Heyns se rekord spat, Nuus24, 2 Augustus 2012 Sy kon egter nie hierop voortbou nie en eindig sewende in die eindstryd.Van Biljon sewende in finaal, Nuus24, 2 Augustus 2012

Verwysings

Eksterne skakels Van Biljon rounds off a successful season

Kategorie:Suid-Afrikaanse swemmers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue