Die bossaffraan (Elaeodendron croceum) is 'n immergroen plant wat as 'n struik of 'n klein boompie voorkom. Die spesie is inheems in Suid-Afrika waar dit in die KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap asook Mosambiek voorkom. Dit groei vanaf seevlak tot by ongeveer 900 m bo seevlak. Die boom se bas is grys en dun en dikwels met mos bedek. Die helder-oranje binnebas skyn op plekke deur. Die blare blink, teenoorstaande en het skerp tande langs hul rante.
Die boom se FSA-nommer is 415.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
croceum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika