duimnael|links|180px|Kaapse saffraan as 'n tuinornament Die boslepelhout of Kaapse saffraan (Cassine peragua) is 'n plant wat as struik of klein boompie voorkom. Dit groei in verskeie habitats aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika. Die vrugte is 5 mm in deursnee en is donkerpers wanneer dit ryp is. Gedurende die laat 17de eeu is groot skeplepels van die hout gemaak. Daar is twee subspesies: C. peragua subsp. affinis (Sond.) R.H.Archer C. peragua subsp. barbata (L.) R.H.Archer
Voorkoms Die Kaapse saffraan is 'n immergroen boom wat gewoonlik sowat 2 tot 5 meter hoog word, maar soms in die regte toestande tot 15 meter kan groei. Die taai, ronde, leeragtige blare is gewoonlik donkergroen, maar kan koper-, oranje- of skarlakenrooikleurig wees na gelang van groei.
Die trosse klein, tweeslagtige blomme het 'n sterk, maar aangename geur, en die vrugte is bessies wat groen voorkom en dan geleidelik donkerder tot pers en swart word. Die stam neem uiteindelik 'n oranje saffraankleur aan, aangesien die grys bas afskilfer en die oranje onderlaag blootstel.
Natuurlike verspreiding Dit is natuurlik versprei oor die suidelike en oostelike dele van Suid-Afrika, insluitend Eswatini. Hier groei dit in 'n wye verskeidenheid habitatte, van diep Afromontane-woud tot kusduine en rotsagtige berghange. Benewens die mees algemene en wydverspreide subspesies, is daar twee skaars verdwergde subspesies (subsp. barbara & affinis) wat in beperkte sakke in die Wes-Kaap voorkom.
Dit word nou regdeur Suid-Afrika as 'n siertuinboom aangeplant. Die boom se FSA-nommer is 414.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Menslike gebruik
Kaapse saffraan word al eeue lank plaaslik gebruik vir sy pragtige, harde hout, wat 'n geel-oranje kleur aanneem en tradisioneel hoog aangeslann is vir meubels.
Die meer algemene gebruik daarvan is as 'n aantreklike ornamentele kenmerk in tuine. Dit groei stadig, maar is baie taai en bestand teen wind. In blootgestelde plekke, in direkte son of wind, sal dit geneig wees om korter, laer en digter te word. Dit vorm 'n aantreklike koepelvorm, met 'n saffraankleurige stam en dikwels veelkleurige blare.
Die vrugte lok groot getalle voëls, en die blomme het 'n aangename geur.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World
parvifolia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika