Lusern (Medicago sativa) is 'n meerjarige plant. Na gelang van die variëteit en klimaat kan dit vyf tot twaalf jaar oud word. Met 'n hoogte tot 1 m en trossies klein blou blomme lyk dit baie soos die Klawer (Trifolium). Die plant het 'n diep en sterk ontwikkelde wortelstelsel wat tot 4,5 m kan uitstrek. Dit help die plant om tydelike droogtes te oorleef.
Lusern is inheems aan Europa en word wêreldwyd as veevoer verbou.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Peulplante