Sapindaceae is die lietsjie-familie wat hoort tot die orde Sapindales. Die familie bestaan wêreldwyd uit meer as 2000 spesies waarvan 30 in Suider-Afrika voorkom en almal is bome.
Kenmerke Die bekendste lid van die familie is die lietsjie (Litchi chinesis) wat uit China ingevoer is en vir sy vrugte gekweek word. Hierdie familie se genera verskil baie met betrekking tot blomme, vrugte en blare.
Boomspesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Boskranses (Atalaya natalensis) Bosveldrooiklapperbos (Erythrophysa transvaalensis) Doppruim (Pappea capensis) Duinevalstaaibos (Allophylus natalensis) Fluweelvrugzanha (Zahna africana) Kaapse kranses (Atalaya capensis) Lebombokranses (Atalaya alata) Namakwarooiklapperbos (Erythrophysa alata) Rivierlietsjie (Lecaniodiscus fraxinifolius) Sandolien (Dodonaea viscosa) Swartvalstaaibos (Allophylus africanus) Valsperdebos (Hippobromus pauciflorus) Valstaaibos (Allophylus decipiens)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies