Croton is 'n genus wat behoort tot die familie Euphorbiaceae. Die blare van plante van die Croton-genus is spiraalagtig gerangskik en die blare het klein skubbe of hare aan die onderkant. Daar is gewoonlik twee kliertjies op die midrif waar die blaar en blaarsteel ontmoet. Die kliertjies lyk soos 'n by se angel.
Die naam kom uit die Grieks (), wat "bosluis" beteken en verwys na die vorm van die sade van sekere spesies in die genus.
Spesies Die genus het 1153 spesies.
Suid-Afrikaanse spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Boskoorsbessie (Croton sylvaticus) Growwelaventelkoorsbessie (Croton menyharthii) Kleinlaventelkoorsbessie (Croton pseudopulchellus) Koorsbessie (Croton megalobotrys) Laventelkoorsbessie (Croton gratissimus) Limpopokoorsbessie (Croton madandensis) Maputalandkoorsbessie (Croton steenkampianus)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Medisinale plante