Die pendoring (Gymnosporia buxifolia) is 'n struik of klein boompie wat wydverspreid voorkom. Die jong takke is geel en word later ligbruin, dikwels met swelsels. Die dorings is skerp, redelik dik en is 3 –4 cm lank en kan tot 10 cm lank word. Die boom staan ook bekend as die gewone pendoring (Eng. Common spike-thorn.)

Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe.

Die boom se FSA-nommer is 399.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Voorbeelde op Schanskop

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World

Kategorie:Gymnosporia Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe