__NOTOC__ Die Bosveldkandelaarnaboom (Euphorbia cooperi) is 'n boom wat tot 7 m hoog kan word, gewoonlik met 'n kaal stam van 3 m aan die onderkant. In Suid-Afrika is die spesie inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Buite Suid-Afrika is dit inheems in Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die boom is kandelaarvormig en lyk soos 'n sukkulent. Die giftige melksap het 'n skerp reuk, en lewer ernstige newe-effekte selfs met aanraking. Die onderste takke val elke jaar af en laat dan ronde gate teen die kaal stam.Euphorbia cooperi, Joseph Khangela Baloyi en Linette Ferreira, Pretoria Nasionale Botaniese Tuin, Februarie 2005, PlantZAfrica Die takke, wat skynbare litte of segmente vorm, het 4 tot 6 vlerke. Die dorings word in pare op die vlerkrande gedra.

Die bome blom in die lente, wanneer talle geelgroen, tweeslagtige blomme op die vlerkrande van die laaste taksegment verskyn. Die blomme verskyn dig op mekaar, in drie rye tussen die dorings. Die groen vrugkapsule het drie kompartemente, en verkleur rooi as dit vroegsomer ryp word.

Die boom se FSA-nommer is 346.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Eksterne skakels

cooperi Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe