Die Naboom (Euphorbia ingens) is 'n kaktus-agtige boom met 'n kort dik stam en enorme takke.
Verspreiding Die sukkulente boom kom volop in Limpopo, asook in Mpumalanga voor en die naam van die dorp Naboomspruit verwys na hul aanwesigheid daar. Dit is ook inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal en Noordwes.
Buite Suid-Afrika is die boom ook inheems aan Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Kaprivistrook in Namibië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Somalië, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Beskrywing Die takke het gewoonlik vier of vyf vlerke. Dit het 'n taai, wit, melkagtige sap wat uiters giftig is en intense irritasie en blase op die vel veroorsaak. As dit in die oë beland kan dit permanente blindheid tot gevolg hê. Swart inboorlinge langs die Limpopo het die melk tradisioneel gebruik om vis mee te vang. Bondels gras is in die melk geweek en in die rivier gegooi. Dit verlam die visse en hulle begin na 'n ruk lewend bo die water te dryf. Die heuning van die blomnektar van die naboom word noorsheuning genoem. Dit brand die mond kwaai as die heuning geëet word. Die brand vererger sodra water gedrink word.
Die boom lyk baie soos die nagblom. Die boom se FSA-nommer is 351.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Trivia Volgens oorlewering het die Zoeloe-koning Dingaan op 'n troon onder 'n naboom gesit toe Piet Retief en sy honderd manskappe in 1838 aangeval en vermoor is.Euphorbia-melksap dalk erger as rinkhalsgif, Die Burger, 24 Oktober 1987
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
ingens Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe