Die kleinperdepram (Zanthoxylum capense) – voorheen Fagara capensis – is 'n klein boompie wat vertak en in 'n verskeidenheid habitats voorkom. In Engels staan die boom bekend as Small knobwood. Die boom staan ook bekend as die kleinknophout. Die spesie is ook inheems in Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.
Die boom se FSA-nommer is 253.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In die Krugerwildtuin is dit sover slegs gevind rondom Pretoriuskop en in die Punda Maria-sandveld. Die blare het 'n sitrusreuk soos dié van suurlemoen- en lemoenbome.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
capense Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe