Die krinkhout (Securidaca longepedunculata) is 'n klein boompie wat wydverspreid voorkom in Afrika.
Die boom se FSA-nommer is 303.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Die boom staan ook bekend as bruidsboom, langboslaag, rooipeultjie, seepbasboom en die veselbasboom.
Beskrywing Die boom het kort, stywe takkies waaraan die blare, blomme en vrugte gedra word. Die blare is enkelvoudig en glad met 'n effense ingerolde rand. Die blomme wissel van pienk tot pers en is sowat 10 mm lank. Die vrug, 'n neut, is sowat 4 cm lank en het 'n vlerk. In Engels staan die boom bekend as die Violet-tree.
Verspreiding In Suid-Afrika word dit aangetref in Gauteng, Limpopo en Noordwes. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sierra Leone Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe