Polygalaceae is die krinkhout-familie wat hoort tot die orde Fabales. Daar is wêreldwyd 1000 spesies wat tot die familie hoort waarvan 200 in Suider-Afrika voorkom en slegs 5 is bome. Die meeste spesies in hierdie familie is kruide of struike en selfs die bome is klein. Al die spesies in die familie het die volgende eienskappe: die blomme lyk soos pronkertjies en hulle het 'n tweehokkige vrugbeginsel.

Genera Die familie het 30 genera.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:30000688-2

Acanthocladus Klotzsch ex Hassk. Ancylotropis B.Eriksen Asemeia Raf. Atroxima Stapf Badiera DC. Barnhartia Gleason Bredemeyera Willd. Caamembeca J.F.B.Pastore Carpolobia G.Don Chamaebuxus Tourn. Comesperma Labill. Diclidanthera Mart. Epirixanthes Blume Eriandra P.Royen & Steenis Gymnospora (Chodat) J.F.B.Pastore Hebecarpa (Chodat) J.R.Abbott Heterosamara Kuntze Hualania Phil. Monnina Ruiz & Pav. Monrosia Grondona Moutabea Aubl. Muraltia DC. Phlebotaenia Griseb. Polygala Tourn. ex L. Rhamphopetalum J.F.B.Pastore & M.Mota Rhinotropis (S.F.Blake) J.R.Abbott Salomonia Lour. Securidaca L. Senega (DC.) Spach Xanthophyllum Roxb.

Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Krinkhout Securidaca longipedunculata Persbesem Polygala virgata Septemberbossie Polygala myrtifolia

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies