duimnael|links|Verspreiding van Min Nan-dialekte Taiwannese Hokkien (Chinees: 臺灣閩南語; Pe̍h-ōe-jī: Tâi-oân Bân-lâm-gú; ook Taiwannese Minnan), algemeen bekend as bloot Taiwannees (臺灣話; Tâi-oân-oē / 臺語; Tâi-gú), is die Hokkiense dialek van Min Nan soos dit deur omtrent 70% van die Taiwannese bevolking gepraat word. Die grootste linguistiese groep in Taiwan, waarin Hokkien as 'n inheemse taal beskou word, staan bekend as Hoklo of Holo (Hō-ló). Die korrelasie van taal met etnisiteit is oor die algemeen waar, maar is nie absoluut nie, aangesien sommige Hoklo net basiese Hokkien kan praat terwyl ander nie-Hoklo vlot Hokkien kan praat. Pe̍h-ōe-jī (POJ) is 'n gewilde ortografie vir hierdie Hokkien-variant. Taiwannese Hokkien is oor die algemeen eenders aan Amoy. Klein verskille kom slegs in die woordeskat voor. Nes Amoy is Taiwannese Hokkien gebaseer op 'n mengsel van Zhangzhou- en Quanzhou-spraak. Danksy die grootskaalse gewildheid van Hokkiense vermaaklikheidsmedia in Taiwan, het Taiwannese Hokkien gegroei tot die invloedrykste Hokkien-dialek van Min Nan, veral sedert die 1980's. Tesame met Amoy word die Taiwannese prestigedialek (gebaseer op die Tâi-lâm-dialek) as die Standaardhokkien geag.

Taiwanees vorm sedert 2017 saam met Chinees-Mandaryns, die Formosaanse tale en Hakka die amptelike tale van die Republiek China op Taiwan.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chinees