Die doringkanniedood (Commiphora glandulosa), ook bekend as die groot gewone kanniedood, is 'n doringagtige struik of klein boom. Dit verkies sanderige grond en mopaniebosveld en kom noord van Gauteng voor; ook in die Lebomboberge, en noord van KwaZulu-Natal. Dit is volop in die Balule- en Pafurideel van die Krugerwildtuin. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die boom se FSA-nommer is 285.1https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Identifikasie Dit is 'n klein immergroen boom, word tot 6 m hoog met 'n digte, rofweg ronde kroon. Die stam is kort, reguit en redelik dik, soms met vertakkings reeds aan die laer deel. Die bas is donker grys, geelgrys tot groengrys en skilfer in klein papierdun vlokkies of selfs blokkies af.

Die blomme is klein, rooi en buisvormig en verskyn gewoonlik in September tot Oktober. Die vruggies is effens asimmetries (maksimaal 1.3 cm by 1 cm) en helderrooi van kleur wanneer ryp.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

glandulosa Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe