Burseraceae is die mirre-familie wat hoort tot die orde Sapindales. Twee genera van die familie lewer produkte wat onder vroeë handelaars om die Middellandse See gewild was. Die Boswellia genus lewer wierook en die Commiphora genus lewer die welriekende harpuis waarvan mirre, wierook en Balsem van Gilead verkry word. Die Suid-Afrikaanse Commiphora-spesies lewer egter nie die harpuis nie. Daar is 540 spesies wat hoort tot die familie wêreldwyd waarvan 34 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 25 bome.

Genera

Ambilobea Thulin, Beier & Razafim. Aucoumea Pierre Beiselia Forman Boswellia Roxb. ex Colebr. Bursera Jacq. ex L. Canarium L. Commiphora Jacq. Dacryodes Vahl Garuga Roxb. Haplolobus H.J.Lam Pachylobus G.Don Protium Burm.f. Pseudodacryodes Pierlot Rosselia Forman Santiria Blume Scutinanthe Thwaites Trattinnickia Willd. Triomma Hook.f.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Burseraceae