Die papierbaskanniedood (Commiphora marlothii) is 'n middelgroot boom wat van noordelike Suid-Afrika tot in die trope gevind word. Dit is lokaal algemeen in die eskarp van die Waterberg (Limpopo), en is in die Krugerwildtuin tot die sandsteenriwwe naby die Levuvhurivier beperk. Die spesie is ook inheems aan oostelike Botswana, die Demokratiese Republiek die Kongo, Zambië en Zimbabwe. duimnael|links|Nabyskoot van die bas Dit gedy veral op klipbanke, klipperige hellings of rotsagtige koppies, en word selfs teen steil kranse opgemerk. Die dun bas is geel en dop in groot stukke af. Die boom het saamgestelde blare. Die blare is fluweelagtig en die rande is geskulp tot stomp getand.

Die boom se FSA-nommer is 278https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ en staan in Engels bekend as Paperbark corkwood.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World REDLIST Sanbi

marlothii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe