Die waterkeurtjie (Podalyria calyptrata; ook bekend as keur, keurtjie, keurblom, en ertjiebos) is 'n klein, immergroen boompie. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit is taamlik volop in die bergfynbos.
Beskrywing Die boom het 'n klein syagtige kappie, uit skubbe saamgestel, wat die blomkop bedek wat afval wanneer die blom oopgaan. Die blomme is welriekend en 2.5 cm in deursnee.
Gebruike Die waterkeurtjie word alleen vir ornamentele doeleindes aangewend. Tuiniers verkies dit omdat dit maklik groei en bye, skoenlappers, en voëls na die tuin lok.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. http://pza.sanbi.org/podalyria-calyptrata
Kategorie:Podalyria Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika