Die Boskamhout of Natalse kamhout (Baphia racemosa) is 'n klein boompie wat in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorkom, gewoonlik in rivierwoude of aan woudrande. Die blare is enkelvoudig en die boom dra klein, wit blomme met 'n sterk geur wat 'n mens aan viooltjies laat dink. In Engels staan die boom bekend as die Forest camwood.

Dit is 'n gasheerplant van die skoenlapper Charaxes cithaeron cithaeron.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi Verwysings

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika