Die Bosuapas is 'n bergpas op die C28-roete deur die Khomashoogland tussen Windhoek en Swakopmund in Namibië. Hierdie pas het 'n helling van slegs 1:5 en is daarom nie geskik vir motors wat karavane sleep nie.
Die bergpas is vernoem na die Suid-Afrikaanse siviele ingenieur Gerrit Bosua, 'n agter-kleinseun van Paul Kruger.
Sien ook Lys van bergpasse in Namibië
Kategorie:Bergpasse van Namibië