Die Noordelike Kroon (Latyn: Corona Borealis) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Ruimtevoorwerpe Die Noordelike Kroon kry sy naam van sy vorm en het geen sterre met ’n groter helderheid as 1 mag nie. Sy helderste ster, Alpha Coronae Borealis (ook bekend as Alphecca of Gemma) is 2,2 mag en is ’n effense veranderlike ster. Die sterrebeeld het verskeie interessante veranderlike sterre: die bekendste is R Coronae Borealis en T Coronae Borealis.
Die sterrebeeld bevat geen ander helder voorwerpe nie. Abell 2065 is ’n digte sterrestelselswerm met meer as 400 stelsels – die helderste een het ’n helderheid van 16 mag.
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Corona Borealis Star Tales – Corona Borealis
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia