duimnael|links|'n Lalapalm.
Die lalapalm (Hyphaene coriacea) - voorheen Hyphaene natalensis - is 'n mediumgroot immergroen boompalm (tot 15 m). Die blare is waaiervormig en grysgroen. Die vrugte is ongeveer 4 cm in deursnee, draderig en oranjerooi tot donkerbruin. Die vrugte word in groot hoeveelhede aan die vroulike bome gedra en neem twee jaar om volwasse te word. Dan neem dit nog 'n verdere twee jaar om af te val; dus is vrugte regdeur die jaar beskikbaar. Dié palms word goed benut en daar word wyn van hulle sap gemaak.
Die boom se FSA-nommer is 23https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die boom is inheems in die Comore-eilande, Ethiopië, Kenia, Madagaskar, Mosambiek, Somalië, Suid-Afrika en Tanzanië. In Suid-Afrika kom die plant voor aan die kus van KwaZulu-Natal tot in die sanderige gebiede van die Krugerwildtuin.
Sinonieme Die plant het 24 sinonieme:
Chamaeriphes coriacea (Gaertn.) Kuntze Chamaeriphes shatan (Bojer ex Dammer) Kuntze Chamaeriphes turbinata (H.Wendl.) Kuntze Corypha africana Lour. Hyphaene baronii Becc. Hyphaene beccariana Furtado Hyphaene coriacea var. minor Drude Hyphaene hildebrandtii Becc. Hyphaene natalensis Kuntze Hyphaene oblonga Becc. Hyphaene parvula Becc. Hyphaene pileata Becc. Hyphaene pleuropoda Becc. Hyphaene pyrifera Becc. Hyphaene pyrifera var. arenicola Becc. Hyphaene pyrifera var. gosciaensis (Becc.) Becc. Hyphaene pyrifera var. margaritensis Becc. Hyphaene shatan Bojer ex Dammer Hyphaene spaerulifera Becc. Hyphaene spaerulifera var. gosciaensis Becc. Hyphaene tetragonoides Furtado Hyphaene turbinata H.Wendl. Hyphaene turbinata var. ansata Becc. Hyphaene wendlandii Dammer
Trivia Die dorp Malalane se naam is 'n vervorming van die Swazi-uitdrukking emlalani (die plek van die lalapalms).
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLISTSanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Hyphaene Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Palms