duimnael|links|250px|Kamer van die Nasionale Raad van Provinsies. duimnael|links|250px|Setels in die Nasionale Raad van Provinsies na die 2019-verkiesing:

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) is die hoërhuis van die Parlement van Suid-Afrika. Die NRVP is in Kaapstad, die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika gevestig.

In 1997 word die destydse hoërhuis van die Suid-Afrikaanse parlement, die Senaat, met die NRVP vervang. Alle senatore het met onmiddellike ingang lidmaatskap van die NRVP verkry.

Die NRVP se vergaderings word deur 'n voorsitter gelei. Die voorsitter tans is Amos Masondo van die ANC. Hy beklee die amp sedert 2019. Sy voorganger is Thandi Modise. Die adjunkvoorsitter van die NRVP is Sylvia Lucas. Cathlene Labuschagne van die Demokratiese Alliansie is die opposisieleier.

Lys van voorsitters van die NRVP Persoon Ampstermyn Party Mosiuoa Lekota 1997–1999 ANC mev. Naledi Pandor 1999–2004 ANC mev. Joyce Kgoali 2004 ANC Johannes Mahlangu 2004–2014(waarnemend tot17 Januarie 2005) ANC mev. Thandi Modise 2014–2019 ANC Amos Masondo sedert 2019 ANC

Eksterne skakels Parlement van Suid-Afrika Die Nasionale Raad van Provinsies se amptelike webwerf

Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Parlement van Suid-Afrika