Die Namakwalandse madeliefie (Dimorphotheca sinuata) is 'n eenjarige blomplant en is Suid-Afrika se gewildste lenteblom. Die spesie is inheems, maar nie endemies aan Suid-Afrika nie. Dit kom in die Wes-, die Noord-Kaap en Namibië voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.

Blomtyd is Julie tot September. Die blomme is groot en oranje of geel en gaan slegs in sonlig oop. Hulle draai altyd na die son. Die plant verkies vol son en matige water. Dit staan ook as die jakkalsblom, jakkalsbloubossie en Namakwalandse gousblom bekend.

Galery

Verwysings

Bronne

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Plants of the World Online

Kategorie:Dimorphotheca Kategorie:Blomme Kategorie:Tuinplante Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika