Gene Louw (15 Julie 1931 - 12 Oktober 2015) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was lid van die Nasionale Party, parlementslid vir Durbanville en die Paarl, administrateur van die Kaapprovinsie (1979–1989), minister van binnelandse sake (1989–1992), nasionale onderwys (1989–1990), openbare werke (1992–1993) en verdediging (1992–1993).

Louw tree in 1994 uit die politiek om sy werk as prokureur in Durbanville te hervat. Hy sterf op 12 Oktober 2015 na 'n lang stryd met longontsteking en leukemie.

Laerskool Gene Louw in Durbanville en die Gene Louw-verkeerskollege in Brackenfell is na hom vernoem.

Akademiese opleiding Louw matrikuleer aan die Hoërskool Bellville in Kaapstad, en verwerf die graad B.A. LLB aan die Universiteit Stellenbosch.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van onderwys Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2015