Die sterretjiesjasmyn (Jasminum multipartitum) is meerjarige rankplant aalwyn wat deel van die Oleaceae familie is. Die spesie is inheems in Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap voor.

Die spesie blom van Augustus tot Januarie. Die plant het 'n donkergroen loof met wit jasmynblomme wat donkerpienk is aan die onderkant. Die blomme lok baie voëls en word vir kruietee en potpouri gebruik. Die plant moet egter gestut word en verkies vol son tot halfskadu om in te groei. Dit benodig ook matige water.

Galery

Bronnelys

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Rankplante multipartitum Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe