Die pienksalie (Ocimum labiatum) is 'n klein struik wat blom gedurende November tot April. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo voor. Dit is ook inheems in Eswatini en Mosambiek. Dit word op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n vinnige groeier met hartvormige blomme en ligte pienk-pers blomme. Dit verkies oggendson en dan skadu, en benodig matige water.

Ekstrakte van hierdie plant word deur tradisionele genesers teen ontstekings gebruik en navorsing het getoon dat dit antioksidante en diterpenoïede soos labdaan bevat wat hierdie werking ondersteun.

Galery

Verwysings

Bronnelys Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Plants of the World Online

Eksterne skakels

labiatum Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante