Die spoorsalie (Plectranthus fruticosus) is 'n klein struik wat massas pienk of blouerige pers blomme dra aan are. Blomtyd is van Desember tot Februarie. Die plant is 'n vinnige groeier met groot hartvormige blare. Dit verkies halfskadu en baie water om in te leef. Die plant staan ook bekend as: muishondblaar, muishondkruie, vlieëbos en vlieëbossie.
Verspreiding Die spesie is inheems aan Eswatini, Mosambiek en Suid-Afrika.
Galery
Bronnelys Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
fruticosus Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante