Die witbotterblom of reënblom (Dimorphotheca pluvialis) is 'n eenjarige blomplant. Blomtyd is vanaf Julie tot middel September. Die plant het smal, stomp, getande blare en groot, wit madeliefieblomme wat net in sonskyn oopgaan en altyd na die son draai. Die plant verkies vol son en matige water.

Die spesie kom in die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Namibië voor.

Sinonieme Die spesie het dertien sinonieme:

Calendula decurrens Thunb. Calendula hybrida Sweet Calendula pluvialis L. Calendula versicolor Salisb. Dimorphotheca annua Less. Dimorphotheca hybrida DC. Dimorphotheca incrassata Moench Dimorphotheca leptocarpa DC. Gattenhoffia pluvialis (L.) Druce Meteorina crassipes Cass. Meteorina gracilipes Cass. Meteorina gracilis Less. ex Steud. Meteorina lyrata Cass.

Galery

Bronnelys

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Dimorphotheca Kategorie:Blomme Kategorie:Tuinplante Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika