Die Grysrifhaai (Carcharhinus amblyrhynchos) is 'n haai wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika noordwaarts vanaf St. Lucia voorkom. Die haai staan ook bekend as die Kortneus-swartsterthaai en in Engels as die Shortnose blacktail shark.
Voorkoms Die haai is bruingrys van kleur en het 'n swart rand op die stert-, tweede dorsale en anale vinne (almal behalwe die eerste dorsale vin). Die haai word tot 1.9 meter (6.2 voet) lank. Dit is wit aan die onderkant.
Habitat en gewoontes Dit word meestal gesien by koraalriwwe in water wat 3 tot 140 m diep is. Die haai is aggressief en vreet seekatte, vis, tjokka en is vivipaar.
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Carcharhinus-amblyrhynchos.html
Kategorie:Haaie