Die stompkophaai (Triaenodon obesus) is 'n haai wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Maputo. In Engels staan die haai bekend as die Blunthead shark.
Voorkoms Die haai is lank en slank met die eerste dorsale vin wat se punt wit is. Die tweede dorsale vin en die oë is ook groot. Die snoet is breed en kort. Die haai word tot 210 cm groot.
Habitat en gewoontes Die haai vreet seekatte, krewe en enige vis wat dit op die riwwe kan kry.
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Triaenodon-obesus.html
Kategorie:Haaie