Die Tarpons (Megalopidae) is 'n vis-familie van die orde Elopiformes. Die familie bevat slegs een genus met slegs twee spesies. Een van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.

Kenmerke Die familie leef hoofsaaklik in seewater, maar gaan ook varswater binne. Die familie kom voor in tropiese en subtropiese areas en word tot 2.2 m lank en is silwer-kleurig. Die familie is 'n gewilde soort sportvis.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Megalops Megalops cyprinoides - Osoogtarpon

Die ander spesie van die genus, Megalops atlanticus, kom glad nie aan die Suid-Afrikaanse kus voor nie.

Trivia Phil Heemstra het glad nie die familie Megalopidae beskryf in sy boek Coastal Fishes of Southern Africa. 2004. nie terwyl dit gemeld word in die drie publikasies: Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron http://fishbase.org/summary/FamilySummary.php?ID=47

Kategorie:Beenvisse